Monday 9 October 2017

Timbani Wild reservaat




Na ons heerlike paar dae by Rhemardo vat ons die pad na Elsabe en Pieter vir die kersnaweek in Potgieterus op 24 Desember 2017



  1.  Op 26 Desember begin Leon en Pieter se ontrekkings simptome lelik raak en ons besluit om te gaan kamp by Timbani wildreservaat. Dit is slegs 10 kilometer van Pieter hulle se huis af. Dit is lekker naby aan die plot sodat as daar 'n krises is ons vinnig by die huis kan kom.



Loggie, Pieter se vriend wat die eienaar van die reservaat is gee ons toestemming om hul privaat eiendom te kamp. Hy, sy vrou Tariena en die kinders besluit toe sommer daar om vir 'n paar dae saam te kuier. Loggie reel vir ons dat ons geen fooie betaal nie, aangesien hy ons genooi het.



 Die uitsig van ons kamp plek vanaf die dammetjie.






Die dammetjie is baie leeg, maar gelukkig lyk dit of daar 'n goeie invloei van water is met die reën wat bly val het oor Desember maand.





Ons kuier te lekker. Dit is baie stil en rustig met lekker koelte bome om ons.



Alhoewel daar nie krag punte is nie het ons darem 'n son paneel by die amblusie blok. Daar is 'n wasbak, spoel toilet en stort in die badkamer. Die warm water word gemaak met 'n donkie wat gestook word met hout. Wat het mens meer nodig?

 




Ons geniet die rustigheid onder die koelte terwyl die kinders en mans visvang in die dam.




Lexie en Leon is kamp kommodante en verseker dat alles vlot verloop. Lexie baie braaf met enige iets wat beweeg, maar skrik haarself yskoud toe die beeste baie naby aan haar verby loop. Glo sy het nie gedink hulle is so groot nie.






Daar word elke aand lekker om die boma gekuier en die manne pak die vuur otdentlik.













 Die boesman TV se beeld is baie mooi in die bosveld. Wat dit spesiaal maak is dat mens die sterre kan bewonder sonder enige gesukkel  en die wilds geluide duidelik om jou kan hoor













Misha, Dirkie en Barend geniet hulle self op die bootjie terwyl daar tussen in vis gevang word.
Die kinders trek lekker babers, karps en kurpers uit. 





Dit reen omtrent elke dag en ons moes elkeen maar 'n droë plekkie soek onder die boswa se tent. Met tye het dit lekker hard gesous.






Die wêreld is sop nat, maar vis sal hulle bly vang.







Na vier dae in die wildrervaat is ons terug by Elsabe hulle se huis. Nou moet al die tente oop gemaak word en probeer droog gekry word met die flou sonnetjie wat nie rerig wil skyn nie


Net na nuwe jaar is dit tyd om terug te keer stad toe. Die vier keer se kamp by verskillende plekke was bietjie rof met die op en afpak elke keer. Ons besluit dat ons in die vervolg eerder langer op een plek sal bly.

No comments:

Post a Comment