Tuesday 10 October 2017

Mbizi - Kampmal naweek 2-4 Junie 2017


Uiteindelik het die naweek van Kamp-mal aangebreek. Ek en Leon sit verlof in vir die Vrydag en maak dit 'n ordentlike lang naweek.  Die stigters van Kamp-mal het spesiale pryse vir ons beding en die naweek kos ons slegs R200-00. 'n Besparing van ongeveer R1000.00




 Ons skakel die oord en kry toestemming om vroeg in te boek. Om die spits verkeer van Pretoria te mis vertrek ons vyf uur die oggend na Mbizi. Mbizi is 8 kilometer buite Bela Bela. Ongeveer 128 km van Pretoria. Ons ry baie goed met die ou man (Tata) en is ongeveer 6h30 in Bela Bela. 

Die Wimpy is nog toe en ons moet wag tot 7h00 om iets te kry om te eet.  Na 'n lekker ontbyt vertrek ons na Mbizi toe.



Die personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Die bestuurder het met sy 4 wheeler ons staanplek uit gaan wys. Hy het ook onverskoning gevra vir die wild se mis wat orals rond lê.

 Een van die werkers het dadelik nader gestaan om ons te help kamp opslaan. Omdat ons bietjie laat die bespreking gedoen het, het ons plek gekry in die boskamp. Dit is ongeveer 200 meter van die hoof kamp waar die swembaddens, restaurant en winkels is.













Ons het vroeg in geboek en teen 10h00 is die kamp heeltemal klaar op geslaan en alles is op sy plek. 

Nou kan ons rustig wees en begin kyk hoe die mense in stroom. Ons het 'n mooi uitkyk op die ekspo area waar die verrigtinge gaan plaas vind. Daar is 'n hele paar dammetjies naby ons waar babers, karps en kurpers ge "catch en release " moet word.











Die boskamp se amblusie blokke is baie oulik gemaak uit sink en hout. Die storte lyk asof die water uit emmers uit loop. Dit badkamers word gereeld skoon gemaak en ons het geen probleme gehad met koue water nie. Ons het die "rustic" gevoel geniet.


Die warm water swembad is onderdak en die water is rerig lekker warm. Ons het die warm water rerig geniet in die aande. Die swembad is groot, netjies en baie mooi op gepas. Die aantrek kamers is ook netjies en word die heeltyd skoon gehou.






Daar is ook verskeie koue water swembaddens beskikbaar om af te koel met lekker ruim speel gronde vir die kinders. Die groen gras en koelte is lekker om onder te sit terwyl die kinders baljaar.

 Die hoof kamp se karavaan staan plekke is in 'n half maan om die swembaddens ge groeppeer met die chalets aan die buite kant.

Die enigste negatiewe ding is dat die kampeerders baie naby aan mekaar is.



Een van die kampeerders se braai reëls





Daar is winkel wat rerig alles in voorraad het wat mens benodig, sowel 'n gedeelte wat drank verkoop. Die pryse is redelik en daar is 'n groot verskeidenheid. 

Die buite kroeg is langs een van die klein swembaddens waar mens in die water bedien word met srankies. Mbizi is bekend vir sy kleurvolle skemerkekies wat bedien word in plastiese emmertjies





Die Moeggeploeg kombuis het 'n lekker spyskaart beskikbaar.  Daar is 'n redelike verskeidenheid waarvan 'n mens kan bestel. Leon het natuurlik pap en kaiings bestel en ek het 'n lekker steak burger. Beide was heerlik.


Mbizi het die Bophelo Spa op die terrein langs die warm water swembad. Hier kan mens gaan vir 'n heerlike ontspannende sessies. Hulle het verskillende maserings en behandelings beskikbaar




























Kyk die datum, Leon se verjaarsdag. Hierdie stoom masjien is al 100 jaar oud.
















Verskeie ou plaas implemente, masjiene en werksgereedskap word in 'n baie goeie toestand gehou en bewaar vir die toekoms.



Die minatuur ponie het vrylik die hele kamp vol gewei.














Verskeie soorte diere plaas diere en voëls word in hokke gehou, sodat vakansie gangers hulle van naby af kan beskou. Ek het die grootste hoenders nog ooit in my lewe daar gesien. Hulle is knie hoogte hoog.



Natuurlik was daar ook swart skop fietsie op die kamp terrein. Kamp is nie kamp  sonder die geluid van hulle nie!







Hier van Vrydag middag 15h00 se kant af begin die karavane invloei en dit is net tent penne en ritssluiters se klanke wat mens orals op die terein hoor.



Het ook Mariette (een van die stigters lede) se sleep voertuig raak geloop op die terein.



Oom Jack Daniels was ook by Mbizi. Ons het hom gaan groet en sommer gou 'n foto of twee geneem.





Die ou sleepvoertuig en karavaan het ook baie aandag getrek en baie foto's is hier geneem.



Daar was gesorg vir genoeg hout by elke boma.






Die terrein was 'n warboel van organisasie om alles reg te kry vir die middag se verjaarsdag vieringe.





Kamp-mallers ontspan en geniet die kuiertjie met mede kampers. Lekker gekuier en heerlike musiek was gespeel.




Die Kamp-mal 1 jaar verjaarsdag koek.


Die verigtinge is ook uit die lug afgeneem.



Groot kampvure was orals op die terrein gemaak wat die koue darem bietjie af gekeer het.







Vroeg Sondag oggend alles baie rustig na die vorige aand se kuier.

Ons sal defnitief weer terug kom na Mbize. Het die kamp baie geniet. Die kamp terrein is baie goed versorg en al die personeel is baie vriendelik en behulpsaam.































No comments:

Post a Comment