Monday 2 October 2017

Klipspringer Karavaanpark



Op 16 Desember 2016 is ons vroeg uit die vere om op te pak en na Klipspringer Karavaanpark so 5km buite Nylstroom te vertrek. Dit is 'n valansie dag en die pad is gelukkig stil. 

Gelukkig is Dinokeng Resort en Klipspringer nie ver van mekaar nie en ons ry ongeveer 45 minute tot in Nylstroom.  Elsabe en Pieter sluit by ons aan in Nylstroom om saam met ons te kamp vir die naweek. Na 'n lekker ontbyt by Wimpy en 'n vinnige draai by een of twee winkels om 'n paar goedjies te kry vat ons die pad na die oord.




Klipspringer Vakansie Oord en Karavaan park is 'n uur se ry van Pretoria net buite Nylstroom. Dit bied aan elkeen 'n heerlike rustige plaas vakansie met hope om te doen.  Die karavaanpark het kragpunte, waterkrane, groen grasperke en ablusieblokke vir die gerief van elke kampeerder.

 Daar is 'n berg wat wag om geklim te word vir die natuurliefhebbers en het mooiste bosveld sonsondergange.





Ons was baie gelukkig om 'n staanplek te kry ongeveer 60 meter van die swembad area en restaurant. Met die hulp van Pieter en Elsabe slaan ons vinnig die kamp op. Die opslanery gaan darem al baie vinniger aangesien ons begin weet waar kom wat.



Die groen gras en koelte heeldag is baie lekker en mens kon rerig vir niks beter vra nie. Die Eienaar Elsabe Gresse is baie vriendelik en kom maak seker dat alles reg is.




Daar is een groot koue swembad op die terrein. Dit is netjies, modern en skoon. Wat vir ons 'n defnitiewe plus punt was, is dat ons vir Misha kon dop hou in die swembad van die kamp plek af.





Daar is ook 'n lekker dam waar al die hengelaars kan gaan visvang met heerlike koeltebome. Die dam se watervlak was 'n bietjie laag, maar dit het baie vis in, soos baber karp en kurpers.






Misha het natuurlik haar oupa en Pieter klaar gemaak om te gaan visvang. Dit was bloedig warm maar hulle was baie gelukkig en het lekker groot kurpers uitgetrek.






Kyk elke visserman moet sy eie aas kan aan sit al neem dit bietjie lank















So word daar kurpers gevang


Dit was maar moeilik om Misha te oortuig om haar hoed te dra en onder die sambreel te sit.









Die visvang het omtrent die twee uitgeput en daar word 'n lekker middag slapie geneem. Wonder wie was die moegste van die twee?




Die Desember son het omtrent almal moeg gemaak en tannie El moes gaan kyk of Misha en Lexie okay is in die tent.


Die koue water was omtrent 'n lafenis in die warm Desember son.





Daar moes natuurlik ook model gespeel word langs die swembad.



Die kers liggies het te mooi gelyk en dit het 'n lekker atmosfeer geskep.








Ons maak lekker ontbyt jaffels in die oggende met eier, kaas en spek. Misha geniet dit en eet sommer twee.

Maandag oggend moet Elsabe en Piter terug werk toe en hulle neem vir Lexie saam hulle plaas toe, aangesien Rhemardo nie 'n diere vriendelik oord is nie.

Ons het heerlik by die rustige oord gekuier. Dit was stil en mens kon lekker rus. Die winkeltjie het die nodigste goed gehad soos koeldrank, ys en roomys. Ons sal defnitief weer hier kom kuier.

No comments:

Post a Comment