Monday 9 October 2017

Kokoriba Vakansie oord 17 April tot 1 Desember 2017


Op 17 April 2017 is ons vroeg in die pad. Ons gaan vir 14 dae kamp by Kokoriba vakansie oord. Die oord is 45 kilometer buite Brits op die Thabazimbi pad. Hierdie is ons eerste vakansie sonder kinders in ongeveer 32 jaar



Die weer voorspelling was baie positief en dit het lekker warm dae voorspel. Aangesien ons lede van Solidariteit is, kry ons 20% afslag op die akkomodasie en spaar sodoende ongeveer 'n R1000.



Die oord se ingang is lekker groot en sienbaar van die pad. Die vriendelikste hekwag en sy twee kindertjies groet ons by die hek. Die oord is ongeveer 3km van die groot pad en mens sien die wild wanneer jy na die oord toe ry. Die grondpad is baie goed geskraap.





Daar is 'n restaurant wat die lekkerste kosse op hul spyskaart het en hulle pryse is redelik bekostigbaar. Daar is ook 'n winkeltjie wat al die nodige goed het soos koeldrank, ys, tydskrifte en blikkies kos.




Die oord het twee groot koue swembaddens en een onderdalk verwarmende swembad wat netjies versorg is met groen gras bome en plaveisel.





Die ontspannings area wat onder 'n lapa is maak voorsiening vir veerpyltjies en dit het ook 2 snoeker tafels



 Die putt-putt bane is ook lekker naby aan die swembaddens. Dit is baie netjies en versorg en dit is redelik onder die skaduwee van groot bome.

 


Daar is verskeie kroeë in die omgewing van die swembaddens.


Die reëls van die kamp.



Daar is 'n groot lapa met 'n boma wat bespreek kan word vir privaat funksies soos, reunies of verjaarsdag vierings




Ons eerste sons opkoms by Kokoriba. Wat 'n gesig. Dit is baie rustig met slegs drie ander kampers. Die kampeerders het eers rerig nader aan die paas naweek in gestroom.


 

 


 








Daar is verskeie stap roetes wat met die voet of met fietse gedoen kan word. Die wild is redelik mak en hardloop nie weg nie. Die veld was redelik ruig en die gras was baie lank gewees. Ongelukkig mag mens nie met jou eie voertuig in die wildskampe ry nie. Golf karretjies word uit gehuur per uur.

  

 



Daar is verskeie soorte voël soorte wat baie mak en redelik voorbarig is in die kamp soos houtkappers, duiwe en kwêvoels. Die eekkoringtjies is ook baie en mens moes maar die kos weg gebere hou.
  




 



 
  



Ons kamp plek by Kokkoriba. Ons was baie naby aan die amblusie blokke en die swembaddens. Ons het ook op 'n plek gesit wat omtrent heeldag koelte gehad het. Wat lekker was is dat mens amper oor die hele oord kon gesien het. Die enigste nadeel is dat min staan plekke gras het. Dit het ons darem nie te veel gepla nie.



















 Net buite Kokoriba is die Beestekraal stasie. Die stasie is nou in privaat besit. Dit het 'n restaurant en kroeg. Dit is baie gewild vir die toeriste sowel as bikers. Alerhande snuitery en oudhede kan hier gekoop word. Ons was gelukkig en het ons kampmal vlaggie en hoedjies hier gekry.
  


Jagpryse vir die skiet van wilde diere. Nie seker hoe oud is dit nie. 








 

Die hoof kroeg by die swembaddens is baie netjies met verskeie gestopte diere. Hier kan ook lekker gekuier word terwyl rugby gekyk word.



As gevolg van die massa mense het die ouens redelik besig gebly oor die lang naweek.



Met die paas naweek is die kamp amper vol bespreek en dit was baie besig met kampers


Ongelukkig het die twee weke so vinnig gevlieg en op 1 Mei moet ons terug huis toe gaan. Die pad is baie besig en ons ry amper 'n uur langer. Ons het Kokoriba geniet en sal defnitief weer hier kom kamp.

No comments:

Post a Comment