Friday 15 September 2017

Dinokeng Resort



Uiteindelik is dit Desember en ons gaan nou rerig probeer om hierdie keer te kamp. Die eerste groot uitgawe was om te verseker die sleep voertuig se bande reg is. Ons getroue Tata het vir 'n hele paar maande gestaan en moes vier nuwe bande kry wat 'n groot deel van die vakansie se budget op gevreet het.



'n Ander probleem wat opgelos moes word is om die boswa op ons naam te sit. Die liksensie het nog nie verval nie, maar die Vrystaatse nommer plaat het iewers verlore geraak. So ons moes maar plan maak voor ons die pad aandurf. Met baie geluk aan ons kant kry ons die wa deur die padwaardigheids toets met die eerste probeerslag. Na 'n week se gesukkel en met slegs 'n dag oor voor ons vertrek, is die wa op ons naam en is beide voertuie reg vir die vakansie.

Ons eerste kampplek vir Desember 2016 is by Dinokeng Resort. Dinokeng beteken"plek van riviere". Dinokeng Resort is so 15 minute se ry van Pretoria in 'n noord-oostelike rigting langs Hamanskraal.

Die oord het ongeveer 33 staan plekke met krag, water en braai geriewe en 4 staanplekke met privaat amblusie blokke.



Vroeg oggend, die 14 Desember 2017, spring ons in die pad na die nuwe oord wat skaars 'n maand oop is  vir kampeerders. Ek, Leon, Natasha, Marisha en Lexie is reg vir die Desember vakansie en is baie opgewonde. 

Ons volg die aanwysings en kry die hek heel maklik, maar kan nie verstaan dat daar geen manier is om in te kom nie. Na verskeie oproepe en 'n gesukkel met geen selfoon opvangs, kom ons agter ons is by 'n verkeerde hek wat nie meer gebruik word nie. Hulle het die aanwysings op die web verander, nadat ons die besonderhede afgelaai het.



Nadat ons die nuwe aanwysings gekry het en 'n paar kilometers terug gery het, vind ons uiteindelik die hoofhek. Tot ons verbasing ken Natasha die eienaar van die oord, Colleen Pieterse. Hulle het saam gematrikuleer te Eldoraigne Hoërskool.

 Ons word baie vriendelik ontvang en na ons staanplek geneem. Ons het ook dadelik hulp gekry met die opslaan van die boswa se tent en 'n uur later is die kamp heeltemal klaar op geslaan en ons kan begin ontspan.



Die oord is nog splinternuut en mens kan sien dat daar orals nog gewerk word om alles reg te kry. Die meeste staanplekke se gras is nuut geplant en sommige braaiplekke is nog in die proses om gebou te word.


Ons was gelukkig om 'n staanplek naby die swembad met die glybaan te kry. Die gras was nog nuut aangeplant en was nie baie ideaal om op te sit nie.






Die ander swembad was 'n klein bietjie kleiner en verder van ons staanplek met plaveisel om die swembad.Die swembad was meer gewilder onder die ouer mense. 

'n Speletjie vertrek met veerpyltjies, snoeker tafel en 'n televisie was beskikbaar vir vakansiegangers se gebruik. 

Daar is ook 'n lekker lapa om by te kuier en klimrame vir die kinders om op te speel. Die twee trampoliene het ure se genot verskaf aan oud en jonk.



Lexie was doodmoeg nadat ons kamp op geslaan het en die nuwe wêreld om haar ondersoek het. Sy moes eers 'n middag slapie vat om weer energie op te bou.



Natasha, Marisha en Lexie se slaapplek.




Skaars kamp opgeslaan toe kry ons 'n probleem met 'n gasplaat wat se gasbottel nie korrek geseël het nie en amper veroorsaak dit vir ons groot skade. Die grondseil brand twee gate in en die gasplaat smelt so erg dat ons dit moes weg gooi.



 




Marisha maak maatjies met die bure se kinders en ons weet rerig nie van hulle nie. Die kinders het omtrent net huis toe gekom as hulle honger geword het.
 


Lexie was kamp kommedant en het seker gemaak dat alles reg verloop op die terrein



Daar is verskeie stap roetes wat mens kan neem wat nie  te ver is nie. Die natuur is pragtig en mens kan vrylik rond loop na die ander gedeeltes van die oord, waar pragtige lodges gebou is met nog swembaddens












 



  
Ons was maar net 'n paar kampers die eerste paar dae, maar teen die Vrydag was die kamp basies vol.



Ons het dit rerig geniet by Dinokeng Resort en sal defnitief weer hier kom kamp. Die eienaars was baie gasvry en het elke dag 'n draai kom maak en gehoor of alles nog reg is. 

Hulle het selfs saam gekamp. Die enigste nadeel was dat daar nog baie konstruksie projekte was , wat nog nie klaar was nie. 

Die winkeltjie het ook die nodige goed gehad soos ys, brood, blikkies kos en lekkernye.

Ons sal defnitief weer hier kom kamp






No comments:

Post a Comment