Monday 7 May 2018

Wonderland 45 2-3 Desember 2017


Uiteindelik na 13 maande se uitstel besluit ons om ons vry naweek te gebruik wat Wonderland ons nog skuld na die inbraak naweek van 21 Oktober 2016. Saterdag oggend net na ses is ons oppad na Rayton toe. Die oord is so 30 kilometers buite Pretoria. Die weer profete het voorspel dat dit bewolk gaan wees met enkele donderbuie. Weet nie of ek hulle moet glo nie aangesien ons reën begin kry het oppad.



Net na 9 uur is die kamp opgeslaan. Gelukkig is dit net 'n sagte mot reentjie en ons slaan vinning kamp op.


Dit wil voorkom dat dit 'n rustige naweek gaan wees. Met baie staaanplekke oop. Die terrein is mooi op gepas. Die gras is lekker groen en kort gesny. 




Misha kan natuurlik nie wag om te begin vis vang nie en help oupa om alles by mekaar te kry.





Dit is die heel tyd bewolk en half kouerig. Ek is aan die een kant bly anders sou die son ons verbrand het.


Oupa  trek die eerste kurper uit na 'n verskriklike bakleiery. Sien die vis stand in die agtergrond.







Die badkamers is aan die ouerige kant  maar word die heel dag skoon en netjies gehou. Die water was lekker warm ten alle tye. Hulle gebruik die gas stelsel.


Daar is verskeie dammetjies beskikbaar waar mens kan visvang









'n Mens kan verskeie soorte vis vang in die verskillende dammetjies. Gedurende die koue maande van Maart tot einde October kan forel gevang word. Indien jy "Fly fishing"  doen mag jy dit "catch en release" anders moet jy dit aankoop teen R95-00 per kg.

Daar is ook Karp, Bass Swart Baars blou en rooi bors kurper 



Misha het haar self geniet en haar besig gehou met visvang, swem, diere voer en in die water te baljaar.







Elke stand het braai fasiliteite  ligte en krag.








Die mooiste sonsondergange









Die kinders het die daaglikse voer van diere geniet.




Daar is verskeie damme en 'n rivier waar mens vis kan vang.






















Misha geniet haar self







Die water glybaan het Misha baie besig gehou







Leon het 'n hele paar krurper en karps uit getrek vir die naweek



















No comments:

Post a Comment