Monday 2 October 2017

Rhemardo Vakansie oord


Ons kuiertjie by Klipspringer is verby en daar word angstig op gepak vir ons drie dae by Rhemardo vakansie oord. Ons bespreking was van 21 tot 24 Desember. Uiteindelik kan ouma  nou ook saam gaan swem. Die ander oorde se water was heeltemal te koud

Gelukkig is Klipspringer en Rhemardo nie te ver van mekaar nie en ons arriveer ongeveer 11h00 by die oord. Ons het toestemming gekry dat ons bietjie vroeer in kan kom.

Die oord se personeel is baie vriendelik en ons word vinnig gehelp en na ons staan plek verwys.



Die staan plek is nie te sleg nie. Dit het 'n koeltebome beide kante van ons wa wat baie gehelp het met die Desember son. Ons was in die laaste ry op die hoek. Sodoende het ons een buurman langs ons gehad en een agter ons. 


Ons het 'n goeie uitsig gehad en die karre en kampeerders het nie baie gepla nie. Misha was baie bly omdat die putt-putt bane en 'n swembad net oor die pad is. Ongelukkig was dit toe die koue een en ons moes elke keer die langpad teen die opdraende toe loop vir die warm swembad.



Die kamp area was baie lekker en ruim en ons het nie gevoel dat die mense op ons voorstoep  kuier nie.





Die oord se putt-putt bane is redelik goed versorg met bome en baie tropiese plante. Die meeste tyd speel mens darem in die koelte. Ons moes net baie versigtig wees aangesien daar by van die bane baie groot swart miere was.





Die oord het verskeie borrelbaddens sowel as 'n sauna wat bespreek kan word


Die  koue swembad is lekker groot en speletjies en musiek word gespeel om die kinders te vermaak




Daar is verskeie naby geleƫ plekke aan die oord wat besoek kan word. Ons het die Bounty Croc plaas besoek. Ek was baie in my skik met die krokkedil plaas. Daar is 'n winkeltjie wat verskeie krokkedil produkte verkoop van velle tot tande.




Die tuine is baie mooi versorg met sement beelde orals. Misha het natuurlik dit weer geniet om model te speel by elkeen.




 Die teel plaas is 'n entjie in die berge in. 'n Trekker met 'n waentjie neem die toeriste  na die gedeelte van die plaas toe. Dit is baie steil en neem ongeveer 15 minute om bo te kom. Dit is 'n avontuur op sy eie.









Plastiese pype word gebruik om krokkedil wakker te maak om te gaan eet






 Misha hou 'n dag oue krokkedil vas









Misha was maar baie skrikkerrig vir die een!





Die toerleier gebruik 'n trekker met 'n waentjie om toeriste na die teel plaas neem




'n Coke soos bestel dame



Misha moet eers weer by die olifant gaan model speel terwyl oupa diesel in die bakkie gooi.




Lekker rustig langs die swembad




Natasha koel bietjie af in die koue swembad


Speletjies word gespeel om die swembad wat oud en jonk besig hou.






Jakkels trou met wolf se vrou, maar braai sal ons braai



Vrydag oggend 24 Desember is ons vroeg op. Vanaand kom Vader kersfees. Die kamp word vinnig op geslaan en ons vat die 40km na Potgietersrus toe aan. Die pad is baie sleg met baie slaggate en  ons moes baie vesigtig ry.

No comments:

Post a Comment