Tuesday 10 October 2017

Klub Zanandi - 6 tot 8 Oktober 2017

Na 'n baie lang vier maande van winter en met die dat Leon in Bloemfonrein en Knysna gewerk het, het ons uiteindelik weer die geleentheid om te gaan kamp.  Dit is skool vakansie en Misha kla dat sy nerens heen gegaan het vir die vakansie nie.

Ek sien iemand op Kamp-mal praat oor Klub Zanandi wat lekker was en ons besluit om die oord uit te toets. Die oord is so 7 km wes van die Hartebeespoort dam op die Mooinooi pad, net verby Upperdeck and Chameleon Pavilion.


Dit was nogal 'n wik en weeg die hele week of ons moet gaan kamp aangesien die weer voorspelling reën voorspel het vir die hele naweek. Toe dit Vrydag deur die dag nie reën nie (hulle het voorspel 80% kans) besluit ons, ons gaan, maar hoop vir die beste en gaan kamp.


 Ons vertrek net na drie by die huis en arriveer by ons bestemming ongeveer 4 uur. My eerste indruk van die plek was bietjie negatief aangesien daar 'n klein gedeelte is waar mense permanent bly in karavane met tydelike stelasies op.




Die kamp plek het baie staanplekkke en ons kon kies en keur waar ons wil staan. Die staan plekke is redelik groot en die meeste staan plekke het lekker koelte bome. Elke staanplek het elektisiteit en 'n kraan met 'n drein wat vuil water weg laat vloei.

Met die hulp van myself, Leon en Natasha slaan ons die kamp gou op en is reg om lekker te ontspan die naweek.




Ons was oor die algemeen in die verlede baie gelukkig as ons gaan kamp om nie iets baie belangrik te vergeet nie. Ja en toe gebeur dit met ons die keer. Ons vergeet al die kampstoele by die huis. Gelukkig kry ons toestemming om een van die piekniek tafels met sitplekke van die swembad te leen vir die naweek.



Die eerste aand verloop goed en 'n lekker vleisie word gebraai. Ons het 'n lekker kamp plek gekry naby die winkeltjie, koue water swembaddens en die trampoliens. 

Die hele kamp area is goed belig. Ek moet herken ek was bietjie skrikkerig oor die sekuriteit van die oord aangesien die oord naby 'n baie besig pad is.


Die meneer het laat aand vir ons kom kuier. Het baie ordentlik een kant gelê en wag vir 'n been of twee. Glo dit is een van die permanente inwoners se hond.


Ons het 'n heerlike droë nag gehad. Dit het basies die hele nag gereën en niks by ons het nat geword nie. Het wel gesien dat van die ander kampers wel beddegoed uit gehang het om droog te word.

Die staanplekke het nie gras nie, maar die grond dreineeer baie vinnig en gelukkig was dit nie 'n modder spul nie.





Oorkant ons was die winkeltjie wat al die basiese goed in voorraad het, sowel as drank kan daar gekoop word. Daar is twee snoeker tafels beskikbaar om op te speel.

Daar is twee trampoliens wat die kinders lekker besig gehou het. Misha het natuurlik die bewondering gesteel met al haar gimnastiek  toertjies op dit.






Daar is twee koue swembaddens. 'n Kleiner een vir die kleintjies met 'n klein glyplank en dan 'n groot swembad. Die swembaddens is redelik goed versorg. Die water is skoon, maar daar is 'n paar plekkies wat die verf af kom. Die plaveisel om die swembad is netjies. Daar is lekker gras met groot koeltebome vir mense om te kuier en te ontspan langs die water.


Daar is 'n paar lapas rondom die koue swembad wat gehuur kan word vir partytjies of funksies. Daar is sitplekke beskikbaar en 'n groot skerm vir rugby.




Die swembad en kuierplekke is op vlakke gebou. Die terrein is netjies. Daar is ook lekker speelgronde vir die kleintjies om hulle besig te hou.




 Die uitsig  wat ons gehad het vanaf ons kamp staan plek. Ons het daarvan gehou aangesien ons 'n ogie kon hou op Misha terwyl sy trampolien spring. Die winkel wat baie naby is en die koue swembaddens  wat nie te ver is nie.













Die Wild water rafting  is ongeveer 100 meter lank. Om by dit te kom moet mens teen die berg op beweeg. Daar word op 'n tube gesit en word dan deur die drukking van die water, wat baie sterk is vorentoe laar dryf. Leon en Natasha het twee keer af gegaan , maar vir Misha was een keer genoeg. Die stroom is bietjie rof en beide Leon en Natasha het skraap merke op gedoen aan die einde net voor jy in swembad eindig. Dit kos R4-00 per rit.







Die ander supertube is geleë net onder die Wild Water Rafting een. Ongelukkig was hy elke keer toe waneer ons wou gaan as gevolg van die reen. Dit is 'n geslote glybaan. Die kostes is R2-00 per rit


Die reëls van die warm water swembaddens.



Die warm water swembad is ongeveer 200 meter van die kamp staanplekke. Die kostes daaraan verbonde is R10-00 per persoon per dag en R5-00 vir kinders. Mens kangelukkig in en uit beweeg soos jy wil. 

Daar is ook 'n lekker area vir braai buite. Binne in die gebou is daar 'n winkeltjie wat lekkergoed, Chips, koeldrank, roomys en drank verkoop.





Daar is twee warm water swembaddens. Die kleiner een is meer vir die kleiner kinders en is vlak. Die groot een is baie lekker en daar is trappies teen die kante sodat mens rustig kan sit in die warm water




Daar is ook twee Jacuzzi's beskikbaar vir gebruik. Die koste is R10-00 per persoon vir 30 minute.








Die badkamers, aantrek kamers en stort in die warmwater gebou is baie netjies en modern aan die dames sowel as mans se kant. Dit word die heeltyd skoon en droog gehou.




Lekker koelte bome op al die staanplekke.












Misha glo dat Coke baie lekkerder proe as mens dit uit 'n wyn glas drink.



Boesman TV




Die amfi-teater as daar groot vertonings gehou word









Die badkamers vir kampeerders is nog oud en moet nog gemoderniseerd word. Daar is een bad en drie storte beskikbaar met 'n paar toilets by die mans sowel as vrouens. 

Die storte is baie klein en jy kan skaars beweeg in dit. Alhoewel dit oud is was die badkamers die heeltyd skoon en netjies gehou. Die warm water is baie warm en mens kon lekker stort enige tyd van die dag of nag.








Die oord het 'n putt-putt baan wat redelik moeilik lyk.  Ons het nie gespeel nie, aangesien daar baie water op die baan was. Ek glo dit gaan ook op gegradeer word een van die dae.




Sondag is dit oppak en huis toe gaan tyd. Ons pak rustig op en gaan ry Wild water Rafting en gaan swem vir ou laas in die warm water swembad. Twee-uur raak die weer baie donker en ons ry gelukkig betyds terug huis toe.


Ons moes natuurlik stop by die kuier plek om 'n foto te neem. Het die kuiertjie geniet by Klub Zanandi