Friday 15 September 2017

Wonderland 45



 Ons gatte jik toe lekker om die eerste keer te gaan kamp met die boswa. Omdat ons nog onseker is hoe alles werk en nie te ver wil ry nie besluit ons om na Wonderland 45 te gaan. Ons maak toe ‘n bespreking vir 21 Oktober tot 23 Oktober 2016.



Wonderland is geleë in die ooste van Pretoria op die Boschkop pad. Dit het 5 mens gemaakte damme in die Boschkop rivier waar forel, bass, Karp, kurper en baber gevang kan word.





 Die plekkie is 'n oulike plek vir kinders. Plaas diere loop  vrylik rond en kan gevoer word onder supervisie van die oord se werkers. Die kostes is  R120 rand per persoon. Die nadeel is dat mens per dag en nie per nag nie. So mens verloor een dag as jy op ‘n Vrydag middag inboek.











 Die 20 kampplekke het elektrisiteit en braai geriewe op elke staan plek. Daar is ‘n sandput, swembad, Jacuzzi en ‘n speeldam wat die kinders in kan speel. Die damme is mooi skoon en visse kan met die oog gesien word.



Die badkamers is naby aan die kamp terrein en is skoon en netjies met lekker warm water. Daar is bad en stort geriewe





Op 21 Oktober 2016 boek ek en Leon in by Wonderland so teen 16h30. Die eerste indrukke was baie positief. Dit het 'n regte plaas atmosfeer Die gras was groen en kort gesny, terwyl verskeie plaas diere gewei het tussen die kamp plekke.





Ons is die enigste kampers en so teen ses uur verlaat die laaste dag besoekers die terrein. Die vis byt lekker en die hengelaars het redelik besig gelyk. Teen 18h30 het ons die hele plek vir ons self.

Omdat dit ons eerste keer is wat ons kamp met die boswa gaan dit maar stadig, gelukkig sonder enige bakleiery en beserings. Dit het ons so drie ure geneem om die kamp ten volle op te slaan.





Teen 19h00 is die sterk skemer en ons drink ons eerste koue drankie en is gereed om ‘n vleisie op die kole te gooi. Omdat dit geweldig warm was en ons nat gesweet is besluit ons om eers te gaan stort en dan te braai.

Ons was skaars in die badkamers toe kom daar skielik van nerens 'n sterk wind op uit die suide. 

Chaos verwelkom ons toe terug by ons kampplek. Die tent seile flapper soos wasgoed en van die tentpale en penne is reeds uitgeruk.  Die wind is so sterk en ons kan basies niks doen nie. 

Gelukkig het ons 'n 30 meter tou en begin om alles teen en onder die boswa in te druk. Intussen begin dit hard te reën.  Tussen die reën en wind kry ons dit reg om die tent op 'n manier teen die wa vas te trek. 

Ons is waternat en alles is deurmekaar. Ons aandete is toe maar 'n blikkie Bakebeans  sommer so uit die blikkies uit.

Die  nag se slaap was 'n ander storie. Ons het basies niks geslaap nie. Die wind en reën het die hele nag aan gehou. Gelukkig het ons droog geslaap. Daar was een of twee lek plekkies maar gelukkig nie oor die slaap gedeelte nie.

Saterdag oggend is ons teen 6 uur op. Dit is oopgetrek met nie 'n enkele wolkie of windjie in die lug nie. Terwyl ons besig is om die chaos van die kamp te begin uit te sorteer kry ons 'n oproep van Leonie dat daar in gebreek is by die huis. 




Daar vertrek ons 8h00 die oggend sonder om eers die boswa te geniet. Leon het nie eers 'n lyn nat gemaak nie.  Jacques en Anuschka kom deur van Middelburg om ons te kom help met die op pak en te help met die probleme by die huis.













No comments:

Post a Comment