Friday 15 September 2017

Dinokeng Resort



Uiteindelik is dit Desember en ons gaan nou rerig probeer om hierdie keer te kamp. Die eerste groot uitgawe was om te verseker die sleep voertuig se bande reg is. Ons getroue Tata het vir 'n hele paar maande gestaan en moes vier nuwe bande kry wat 'n groot deel van die vakansie se budget op gevreet het.



'n Ander probleem wat opgelos moes word is om die boswa op ons naam te sit. Die liksensie het nog nie verval nie, maar die Vrystaatse nommer plaat het iewers verlore geraak. So ons moes maar plan maak voor ons die pad aandurf. Met baie geluk aan ons kant kry ons die wa deur die padwaardigheids toets met die eerste probeerslag. Na 'n week se gesukkel en met slegs 'n dag oor voor ons vertrek, is die wa op ons naam en is beide voertuie reg vir die vakansie.

Ons eerste kampplek vir Desember 2016 is by Dinokeng Resort. Dinokeng beteken"plek van riviere". Dinokeng Resort is so 15 minute se ry van Pretoria in 'n noord-oostelike rigting langs Hamanskraal.

Die oord het ongeveer 33 staan plekke met krag, water en braai geriewe en 4 staanplekke met privaat amblusie blokke.



Vroeg oggend, die 14 Desember 2017, spring ons in die pad na die nuwe oord wat skaars 'n maand oop is  vir kampeerders. Ek, Leon, Natasha, Marisha en Lexie is reg vir die Desember vakansie en is baie opgewonde. 

Ons volg die aanwysings en kry die hek heel maklik, maar kan nie verstaan dat daar geen manier is om in te kom nie. Na verskeie oproepe en 'n gesukkel met geen selfoon opvangs, kom ons agter ons is by 'n verkeerde hek wat nie meer gebruik word nie. Hulle het die aanwysings op die web verander, nadat ons die besonderhede afgelaai het.



Nadat ons die nuwe aanwysings gekry het en 'n paar kilometers terug gery het, vind ons uiteindelik die hoofhek. Tot ons verbasing ken Natasha die eienaar van die oord, Colleen Pieterse. Hulle het saam gematrikuleer te Eldoraigne Hoërskool.

 Ons word baie vriendelik ontvang en na ons staanplek geneem. Ons het ook dadelik hulp gekry met die opslaan van die boswa se tent en 'n uur later is die kamp heeltemal klaar op geslaan en ons kan begin ontspan.



Die oord is nog splinternuut en mens kan sien dat daar orals nog gewerk word om alles reg te kry. Die meeste staanplekke se gras is nuut geplant en sommige braaiplekke is nog in die proses om gebou te word.


Ons was gelukkig om 'n staanplek naby die swembad met die glybaan te kry. Die gras was nog nuut aangeplant en was nie baie ideaal om op te sit nie.






Die ander swembad was 'n klein bietjie kleiner en verder van ons staanplek met plaveisel om die swembad.Die swembad was meer gewilder onder die ouer mense. 

'n Speletjie vertrek met veerpyltjies, snoeker tafel en 'n televisie was beskikbaar vir vakansiegangers se gebruik. 

Daar is ook 'n lekker lapa om by te kuier en klimrame vir die kinders om op te speel. Die twee trampoliene het ure se genot verskaf aan oud en jonk.



Lexie was doodmoeg nadat ons kamp op geslaan het en die nuwe wêreld om haar ondersoek het. Sy moes eers 'n middag slapie vat om weer energie op te bou.



Natasha, Marisha en Lexie se slaapplek.




Skaars kamp opgeslaan toe kry ons 'n probleem met 'n gasplaat wat se gasbottel nie korrek geseël het nie en amper veroorsaak dit vir ons groot skade. Die grondseil brand twee gate in en die gasplaat smelt so erg dat ons dit moes weg gooi.



 




Marisha maak maatjies met die bure se kinders en ons weet rerig nie van hulle nie. Die kinders het omtrent net huis toe gekom as hulle honger geword het.
 


Lexie was kamp kommedant en het seker gemaak dat alles reg verloop op die terrein



Daar is verskeie stap roetes wat mens kan neem wat nie  te ver is nie. Die natuur is pragtig en mens kan vrylik rond loop na die ander gedeeltes van die oord, waar pragtige lodges gebou is met nog swembaddens












 



  
Ons was maar net 'n paar kampers die eerste paar dae, maar teen die Vrydag was die kamp basies vol.



Ons het dit rerig geniet by Dinokeng Resort en sal defnitief weer hier kom kamp. Die eienaars was baie gasvry en het elke dag 'n draai kom maak en gehoor of alles nog reg is. 

Hulle het selfs saam gekamp. Die enigste nadeel was dat daar nog baie konstruksie projekte was , wat nog nie klaar was nie. 

Die winkeltjie het ook die nodige goed gehad soos ys, brood, blikkies kos en lekkernye.

Ons sal defnitief weer hier kom kamp






Herstelwerk aan boswa


Na die woeste storm by Wonderland besluit ons dat ons onmiddelik die dak van die boswa oor moet seël. Gelukkig het dit net een of twee klein lek plekkies gehad.



Ons kamp vriende op Sleepsaam en Kampmal het voorgestel dat ons Nuproof moet gebruik wat volgens hulle die beste is vir seël werk aan seile. 






Gelukkig kom Jacques hulle kuier  vir die naweek en hy help ons om die hele dak te seël. Ons gebruik sommer die hele 2 liter om te verseker dat dit nooit weer gaan lek nie.





Na die woeste wind wat ons ondervind het by Wonderland, knyp ons 'n paar rand af en koop Connie van Maxcons se penne. Hy waarborg dat geen wind sy penne uit die grond sal trek nie. Nou is ons hopenlik reg vir reën en wind


Wonderland 45



 Ons gatte jik toe lekker om die eerste keer te gaan kamp met die boswa. Omdat ons nog onseker is hoe alles werk en nie te ver wil ry nie besluit ons om na Wonderland 45 te gaan. Ons maak toe ‘n bespreking vir 21 Oktober tot 23 Oktober 2016.



Wonderland is geleë in die ooste van Pretoria op die Boschkop pad. Dit het 5 mens gemaakte damme in die Boschkop rivier waar forel, bass, Karp, kurper en baber gevang kan word.





 Die plekkie is 'n oulike plek vir kinders. Plaas diere loop  vrylik rond en kan gevoer word onder supervisie van die oord se werkers. Die kostes is  R120 rand per persoon. Die nadeel is dat mens per dag en nie per nag nie. So mens verloor een dag as jy op ‘n Vrydag middag inboek.











 Die 20 kampplekke het elektrisiteit en braai geriewe op elke staan plek. Daar is ‘n sandput, swembad, Jacuzzi en ‘n speeldam wat die kinders in kan speel. Die damme is mooi skoon en visse kan met die oog gesien word.



Die badkamers is naby aan die kamp terrein en is skoon en netjies met lekker warm water. Daar is bad en stort geriewe





Op 21 Oktober 2016 boek ek en Leon in by Wonderland so teen 16h30. Die eerste indrukke was baie positief. Dit het 'n regte plaas atmosfeer Die gras was groen en kort gesny, terwyl verskeie plaas diere gewei het tussen die kamp plekke.





Ons is die enigste kampers en so teen ses uur verlaat die laaste dag besoekers die terrein. Die vis byt lekker en die hengelaars het redelik besig gelyk. Teen 18h30 het ons die hele plek vir ons self.

Omdat dit ons eerste keer is wat ons kamp met die boswa gaan dit maar stadig, gelukkig sonder enige bakleiery en beserings. Dit het ons so drie ure geneem om die kamp ten volle op te slaan.





Teen 19h00 is die sterk skemer en ons drink ons eerste koue drankie en is gereed om ‘n vleisie op die kole te gooi. Omdat dit geweldig warm was en ons nat gesweet is besluit ons om eers te gaan stort en dan te braai.

Ons was skaars in die badkamers toe kom daar skielik van nerens 'n sterk wind op uit die suide. 

Chaos verwelkom ons toe terug by ons kampplek. Die tent seile flapper soos wasgoed en van die tentpale en penne is reeds uitgeruk.  Die wind is so sterk en ons kan basies niks doen nie. 

Gelukkig het ons 'n 30 meter tou en begin om alles teen en onder die boswa in te druk. Intussen begin dit hard te reën.  Tussen die reën en wind kry ons dit reg om die tent op 'n manier teen die wa vas te trek. 

Ons is waternat en alles is deurmekaar. Ons aandete is toe maar 'n blikkie Bakebeans  sommer so uit die blikkies uit.

Die  nag se slaap was 'n ander storie. Ons het basies niks geslaap nie. Die wind en reën het die hele nag aan gehou. Gelukkig het ons droog geslaap. Daar was een of twee lek plekkies maar gelukkig nie oor die slaap gedeelte nie.

Saterdag oggend is ons teen 6 uur op. Dit is oopgetrek met nie 'n enkele wolkie of windjie in die lug nie. Terwyl ons besig is om die chaos van die kamp te begin uit te sorteer kry ons 'n oproep van Leonie dat daar in gebreek is by die huis. 




Daar vertrek ons 8h00 die oggend sonder om eers die boswa te geniet. Leon het nie eers 'n lyn nat gemaak nie.  Jacques en Anuschka kom deur van Middelburg om ons te kom help met die op pak en te help met die probleme by die huis.













Thursday 14 September 2017

Ons Eie Boswa


Na baie wik en weeg sien ons op 15 Oktober 2016 ons "nuwe" ou  boswa op Sleepsaam se FaceBook page. Leon is dadelik verlief op die wa en binne 15 minute besluit ons dit moet ons sin wees.

Die volgende oggend 16 Oktober 2016 om 03h00 val ons baie opwinend in die pad na Bethlehem om die wa te kry. Dit was liefde met die eerste blik en Leon besluit dadelik dit is sy wa!




By die huis gekom is Leon soos 'n kind en daar word besluit om die tent op te slaan om presies te sien wat ons gekoop het. Wat 'n gesukkel, dit voel of daar 100 parte is en niks pas bymekaar nie. Dan is daar nog drie tentpale wat langer is as die res en niemand weet wat kom waar nie. Na 'n paar uur se geswoeg, vloek, harde woorde, redenasies en sweet is die tent gedeelte op 'n manier op geslaan. 





Leon baie tevrede met sy winskoop. Die waentjie met die tent opgeslaan is 5x6 vierkant 'n meter. Die wa en die tent lyk baie goed opgepas, behalwe die slaap gedeelte se dak is bietjie verwaarloos is en sif van die baie son.


Image may contain: 1 person, tree, sky and outdoor